US Taalsentrum se taalondersteuningsdienste nou ook aanlyn

Die Universiteit Stellenbosch (US) Taalsentrum se taalpraktisyns is ten volle toegerus om gedurende die tydperk van aanlyn onderrig, ook húl taalondersteuningsdienste aanlyn te verskaf. Dit is volgens Marguerite van der Waal, werksaam in die Taalsentrum se afdeling vir redigering en vertaling aan die US.

Die Taalsentrum, soos baie ander US instellings, gaan nou meer van die aanlyn leerplatform,  SUNLearn, gebruik maak, het Kabelo Sebolai, adjunkdirekteur van die Taalsentrum aan die US, gesê. 

SUNLearn, wat ons nog altyd as ’n addisionele bron gebruik het, gaan nou intree as primêre platform van onderrig,” het Sebolai gesê. 

“Ons hoop dat ons pogings toegang tot inligting vir ons studente sal vergemaklik en ook sal bydra tot hul begrip van die leermateriaal én algehele akademiese prestasie,” het Van der Waal gesê.

Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum se kantoor is sedert die aanvang van die grendelstaat gesluit, maar die sentrum se dienste is steeds aanlyn beskikbaar. FOTO: Facebook/Universiteit Stellenbosch Taalsentrum

Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum se kantoor is sedert die aanvang van die grendelstaat gesluit, maar die sentrum se dienste is steeds aanlyn beskikbaar. FOTO: Facebook/Universiteit Stellenbosch Taalsentrum

Doeltreffende kommunikasie is noodsaaklik

Volgens Kim Wallmach, direkteur van die Taalsentrum aan die US, is duidelike kommunikasie tans van kardinale belang om deursigtige en doeltreffende kommunikasie tydens die tydperk van aanlyn onderrig te verseker.

“In stresvolle tye is dit baie belangrik om boodskappe duidelik en professioneel oor te dra – om misverstande te verhoed,” het Wallmach gesê. 

“Deur dosente se klasmateriaal op SUNLearn te redigeer en te vertaal gee ons aan dosente die kans om kontak te maak met hul studente in die taal van hulle keuse,” het Van der Waal gesê.

Dít sal dosente toelaat om kreatief met hul leermateriaal en die oplaai daarvan om te gaan, asook bydra tot duidelike en effektiewe kommunikasie tussen dosente en studente, het Van der Waal gesê. 

Die personeel van die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum werk nou, soos baie ander Suid-Afrikaners, van die huis af. FOTO: Facebook/Universiteit Stellenbosch Taalsentrum

Die personeel van die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum werk nou, soos baie ander Suid-Afrikaners, van die huis af. FOTO: Facebook/Universiteit Stellenbosch Taalsentrum

Volgens Wallmach, poog hulle ook om verdere hulp aan studente te verleen, onder meer deur die sentrum se skryflaboratorium.

“Indien studente probleme ervaar met die skryf van opstelle, kan hulle die betrokke personeellede se kontakbesonderhede op ons webuiste vind. Hulle kan ook ’n konsultasietyd reël wat aanlyn sal plaasvind,” het Wallmach gesê.  

, , ,